
=====================================================================
M-Net se verhouding tot Afrikaans (AV 5:1)
=====================================================================

Inhoudsoorsig


M-Net se verhouding tot Afrikaans

By navraag oor M-Net se beleid ten opsigte van Afrikaans het die onderneming binne 'n dag gereageer met die volgende verklaring.

M-NET saai na 37 lande op die vasteland van Afrika uit en moet in die behoeftes van al sy intekenare voorsien, maar bly besonder betrokke 
by sy Afrikaanse gehoor. Daarom is M-Net bekommerd dat sommige intekenare onder die indruk verkeer dat nou minder Afrikaans aangebied word 
as vroer.

Juis om te voldoen aan die uiteenlopende behoeftes van ons kykers, bied M-Net twee afsonderlike hoofkanale aan: M-Net vir Suid-Afrika en M-
Net Africa (MNA) vir lande elders in die vasteland. Hoewel die meerderheid programme dieselfde is, word geen Afrikaanssprekende aanbieders 
vir MNA gebruik nie en sekere programme met plaaslike inhoud het insetsels wat spesifiek vervaardig word met verskillende smake en tale in 
gedagte.

Carte Blanche, byvoorbeeld, se beleid in Suid-Afrika is dat plaaslike stories aangebied word in die taal waarin hulle ontstaan. Met ander 
woorde, 'n storie/insetsel wat uit 'n Afrikaanse gemeenskap kom of daarop betrekking het, sal in Afrikaans wees. Soms sal stories Engelse 
byskrifte h, maar weens die onmiddellikheid van aktualiteitsprogramme is daar dikwels nie genoeg tyd om byskrifte by te voeg voordat 'n 
insetsel uitgesaai word nie. Stories wat heeltemal Afrikaans is, word vervang vir M-Net Africa. Boonop word Ruda Landman op MNA vervang 
deur   Maureen Nkandu.



Net so word twee weergawes van Egoli vervaardig -- die Afrikaans/Engelse een vir Suid-Afrika, en een net in Engels vir die res van Afrika. 
Dit sal hopelik binnekort ook in ander lande oral ter wreld uitgesaai word. Egoli word vervaardig deur Franz Marx Films (FMF), en M-Net se 
ooreenkoms met di organisasie lui dat die Afrikaanse inhoud in die Suid-Afrikaanse weergawe tussen 60% en 70% moet wees, gemeet oor 'n 
jaar.

Dit mag wel af en toe effens anders wees, soos in Junie en Julie vanjaar. Dit gebeur wanneer nuwe Engelse karakters deel word van die 
verhaal of voriges weer 'n verskyning maak -- soos die geval was vanwe die bogenoemde internasionale weergawe. (Dit is onmoontlik om Egoli 
met die oog hierop van die eerste episode af oor te maak, dus word 'n nuwe storielyn vir nuwe kykers geskep wat terselfdertyd 'n gladde 
oorgang vir bestaande Suid- Afrikaanse kykers is.) FMF bevestig egter dat die ooreengekome hoeveelheid Afrikaans, gemeet oor 'n jaar, 
gehandhaaf sal word.

Wat sportuitsendings betref, wys ons graag daarop dat al SuperSport se rugby-uitsendings waarby Suid-Afrikaanse spanne betrokke is en wat 
in genkodeerde tyd uitgesaai word, dubbele kommentaar het (Afrikaans en Engels word terselfdertyd op die dekodeerder se twee afsonderlike 
klankbane aangebied). Dieselfde geld vir alle krieket- en boksuitsendings. SuperSport saai jaarliks gemiddeld sowat 3 000 uur se kommentaar 
in Afrikaans uit.

Oop Kyktyd kan nie dubbele klankbane akkommodeer nie (omdat kykers sonder dekodeerders nie die opsie het nie), dus is die kommentaar vir 
alle sportuitsendings in daardie tydgleuf om die beurt in Afrikaans en Engels. SuperSport het sy Afrikaanse inhoud die afgelope twee jaar 
aansienlik vermeerder en bied op die Gemeenskapsdienste-netwerk (GDN) baie meer Afrikaans aan as enige ander plaaslike TV-kanaal.

Intekenare het al voorgestel dat M-Net meer Vlaamse en Nederlandse flieke met Engelse byskrifte uitsaai ten einde meer Afrikaans-
geori_nteerde programme te verskaf. Hoewel ons 'n gewilde tydgleuf vir internasionale, nie-Engelstalige flieke op Maandagaande geskep het 
om hieraan te voldoen, is daar intekenare wat kla dat hulle biblioteek toe sal gaan as hulle wil lees!

M-Net se verbintenis tot Afrikaans strek veel verder as sy uitsaai-aktiwiteite. Enersyds is daar ons medebefondsing van Afrikaanse 
vollengte-rolprente soos Nag van die 19de, Die Storie van Klara Viljee, Drie Boewe en 'n Troue, Prince van Pretoria, Agter Elke Man, en, 
meer onlangs, Paljas.

Andersyds bevorder ons Afrikaans deur aansienlike finansile steun vir 'n verskeidenheid van projekte, soos die Pendoring toekennings vir 
Afrikaanse advertensiekopie, die Junior Rapportryers se Debatskompetisie, die Afrikaanse kategorie van die M-Net Boekprys en ons omvattende 
teenwoordigheid by die Klein Karoo Nasionale Kunstefees.

Sommige waarnemers reken M-Net behoort vanwe die Afrikaanse komponent in sy aandeelhouding ekstra aandag aan sy Afrikaanse inhoud te 
skenk. Hou egter in gedagte dat M-Net een van die wydste aandeelhoudings op die Johannesburgse Aandelebeurs het, met bykans 18 000 
aandeelhouers uit alle sektore van die Suid-Afrikaanse bevolking.

M-Net doen gereeld dieptenavorsing en tevredenheid-opnames onder intekenare, en monitor hul oproepe en klagtes om met nuwe smake en 
neigings tred te hou. Ons is bly om te kan s dat verreweg die meeste van ons intekenare aandui dat hulle tevrede is met ons programme en 
die verhouding in die taalgebruik, en insien dat ons met meer as 1,1 miljoen intekenare (van wie meer as 110 000 buite Suid-Afrika woon) 
nie altyd in almal se smaak kan val nie.

Dit lyk asof ons kykers namate die openbare uitsaaier die hoeveelheid Afrikaans op sy kanale verminder het, meer krities geraak het oor die 
taalgebruik op M-Net. Ons verseker kykers dat ons uiters sensitief oplet na die taal- en kulturele voorkeure van ons Afrikaans kykers, 
hoewel ons terselfdertyd nie diegene wil vervreem wat glad nie Afrikaans verstaan nie.

Terug na bo

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av518.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999     Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Januarie 1998 /// Geen middelmatigheid vir ons jeug (AV 5:1) /// 
Afrikaans en die Universiteit van Natal (AV 5:1) /// Die Stigting nou en vorentoe (AV 5:1) /// Medewerker van die Boekebeurs in Vlaandere 
(AV 5:1) /// Hartlik dank vir die terugvoering (AV 5:1) /// Di Afrikaans staan nie in woordeboeke nie (AV 5:1) /// Hou op kla en doen iets 
positiefs! (AV 5:1) /// M-Net se verhouding tot Afrikaans (AV 5:1) /// Afrikaans in 'n demokratiserende Suid-Afrika (AV 5:1) /// Fase Twee 
van di inisiatief l nog voor (AV 5:1) /// Taalkreatief? vir seker Afrikaans kreatief (AV 5:1) /// (Her)ontdek Nederlands via Afrika (AV 
5:1) /// Dit gaan goed met Afrikaans in die Oos-Kaap (AV 5:1) /// Vroeg al gestry vir Afrikaans (AV 5:1) /// Beterskap vir moe meisie (AV 
5:1) /// Nederland leer kinders die waarde van lees (AV 5:1) /// In die speurroman tel die Jakob sonder die ware (AV 5:1) /// Geen 
anglisisme nie (AV 5:1) /// Afrikaans word net in SA gesing -- s wie? (AV 5:1) /// Die antwoord is: aanpasbaarheid /// Ons Angel-Saksiese 
pleknaamgewing (AV 5:1) /// Privaat skole verseker moedertaalonderwys (AV 5:1) /// Andertaliges daag mekaar in Afrikaans uit (AV 5:1) /// 
Niks doen dit soos Afrikaans nie (AV 5:1) /// Radio sonder grense vandag (AV 5:1) /// Grootword met Boerneef en boeremusiek (AV 5:1) /// 'n 
Glimlag vir Anna (AV 5:1) ///

